Orders vat 5 tot 7 dae
Search
Close this search box.

Die Manne

ons gaan nou nou braai

Op die verhoog van ‘n preprimêre skool het daar eens ‘n boertjie en ‘n perd in ‘n konsert gestaan. Die twee sou nooit kon dink dat hulle eendag saam ‘n braaiprogram sou begin nie.

Pierre en Vetman ken mekaar al hulle hele lewe lank en het oor die jare saam al baie nonsens aangevang. Maar om ‘n braai program te begin sou tot dusver die grootste ding wees wat die twee al ooit saam aangepak het. In 2012 wou hulle reeds ‘n program begin het, maar dit het ook doodgeloop soos baie van hulle ander lawwe idees.

Pierre was vroeg in sy laerskool loopbaan na ‘n ander skool in die Paarl gestuur, maar die vriendskap het weer vlam gevat toe die twee na dieselfde hoërskool toe is. Hulle was nie juis die mees sportiewe manne op skool nie en het toe besluit om maar eerder saam musiek te maak. Vir ‘n paar jaar het hulle saam in ‘n Afrikaanse punk band gespeel en ‘n hele paar vertonings in en om die Kaap gedoen. 

Na skool het albei grafiese ontwerp gaan swot. Na hulle graad gevang het wou hulle “Die van der Naam show” begin, maar die eerste episode het nooit die lig gesien nie. Seker ook beter so, want die tweetjies het geen idee gehad wat hulle doen nie. Pierre het toe vir so 10 jaar gaan werk en rondgeploeter in Vietnam en Vetman het maar begin werk en sy eie besigheid op die voete gebring.

Na 10 jaar het Pierre besluit dis tyd om terug Kaap toe te trek en dis asof die vriendskap net weer aangegaan het waar dit 10 jaar terug gestop het. Soos elke ander aand wat daar gebraai was en die brannas gevloei het, het die twee weer oor idees begin praat van wat hulle wil doen. Daar was gegrap om ‘n YouTube program te begin. 

Hulle was aanvanklik nie presies seker wat hulle sou doen nie, maar die eerste paar idees was blyklik kakkerig. Toe kry hulle die blink idee om ‘n Afrikaanse braaiprogram te begin, want watse Suid-Afrikaner hou nie van braai, doppies drink en twak praat nie? 

Dis mos immers ons nationale sport. Die twee wou ‘n twist op die program sit deur op die ingewing van die oomblik nuwe idees te probeer, resepte te maak on the spot en as dit nie lekker uitdraai nie dan sal mense weet: don’t try this at home.  Ongeskrif en suiwer.

Pierre en Vetman is baie opgewonde oor waar die program hulle gaan vat en die manne is dankbaar vir al die ondersteuning wat die program sover al ontvang het, en die liefde wat almal vir hulle wys. Dis lekker as mens jou passie kan uitlewe. Moet nooit ophou droom nie en moet nooit ophou braai nie.

Bederf jouself met ‘n mooi braai hempie, keppie of een van vele ander produkte beskikbaar, en koop sommer vir jou vriende en familie ook ietsie.

ons gaan nou nou braai
ons gaan nou nou braai